Desert Express staan, nie genoeg lokomotiewe nie

Plaaslike media berig dat ‘n tekort aan lokomotiewe die hoofrede is waarom die Desert Express nie op die oomblik in diens is nie. Die luukse toeristetrein is sedert Maart 2020 nog nie operasioneel nie, al is daar matige herstel in die toerismesektor. Volgens TransNamib se uitvoerende hoof, Johny Smith, is daar nie genoeg lokomotiewe om een af te staan aan die trein nie. Die maatskappy het die afgelope tyd redelik ongelukke ervaar en daar was reeds voor dit uitdagings met genoeg lokomotiewe. Daar is tans net 20 werkende lokomotiewe. Smith het wel bevestig dat die lening van 2,6 miljard Namibiese dollar wat TransNamib by die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank bekom het, vir hierdie doel, onder andere, aangewend sal word