NUST open kampus op Eenhana

Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se kampus op Eenhana in die Ohangwena-streek geopen. Sy sê dit bevorder groter toegang vir landelike gemeenskappe tot onderrig en skep nuwe werksgeleenthede. Die eerste minister voeg by dat studente nie meer ver van die huis en families af te studeer […]

Read More

Russiese en Oekraïnse ministers van buitelandse sake vergader vandag

Rusland en Oekraïne se ministers van buitelandse sake het vandag hulle eerste samesprekings van aangesig tot aangesig gevoer, ná twee weke van oorlog. Dit volg te midde van internasionale verontwaardiging omdat Moskou ‘n kinderhospitaal bombardeer het. Kiëf sê ‘n jong meisie en nog twee mense is dood. Die Oekraïense minister, Dmytro Kuleba, sê hulle het […]

Read More

NV-debat oor Ramaphosa se mosie van wantroue op 30 Maart

Die debat oor ‘n mosie van wantroue teen Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal op 30 Maart in die Nasionale Vergadering gevoer word. Die stemmery sal daarna plaasvind. Parlementslede sal ook op dieselfde dag debatteer en stem oor die mosie van wantroue teen die kabinet. Professor Dirk Kotze, ‘n politieke analis in die buurland, gesels met […]

Read More

Toerisme-ekspo vind vanaf 3 tot 5 November plaas

Die 24ste Namibiese Toerisme-ekspo wat deur Namibia Media Holdings aangebied word, vind vanaf 3 tot 5 November by SKW in Windhoek plaas. Die tema is “Saam kan ons meer doen” met die fokus op die ontwikkeling van toerisme in streke en op gemeenskapsvlak. Die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, Albe Botha, sê volhoubare toerisme […]

Read More

Versoek vir vissermansnedersetting op Walvisbaai

Die Vakbond vir Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkers het ‘n beroep op visserymaatskappye van Walvisbaai gedoen om te help om ‘n vissermansnedersetting te bou om werkers op see te help om ordentlike behuising te kry. Die vakbond se koördineerder van die Erongo-streek, Immanuel Festus, sê daar is ‘n gebrek aan bekostigbare behuising op die kusdorp […]

Read More

Oekraïnse Paralimpiese atlete doen beroep vir vrede

Paralimpiese Spele: Oekraïense atlete en beamptes het by die Paralimpiese Spele in Beijing ‘n beroep vir vrede gedoen. Internasionale nuusagentskappe berig die president van Oekraïne se Nasionale Paralimpiese Komitee, Valerii Sushkevych, het die volle afvaardiging van 20 lede gelei terwyl ‘n vredesboodskap vertoon is. Oekraïne blink uit op die Spele al het hulle na Rusland […]

Read More

Ekonoom bevraagteken BoN se prestasie…

‘n Namibiese ekonoom het heftig gereageer op die Bank van Namibië wat steeds goed doen, ondanks die Covid-pandemie, volgens die goewerneur, Johannes !Gawaxab. Die bank se uitvoerende bestuur het ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis afgelê. !Gawaxab sê die bank se direksie sal môre ‘n vergadering hou om verskeie kwessies te bespreek, waaronder […]

Read More

Voertuigverkope vertoon beter in Februarie

‘n Totaal van 883 nuwe voertuie is in Februarie vanjaar verkoop, teenoor 893 in Februarie 2021. Op ‘n maandelikse basis het voertuigverkope met 25,2 persent gestyg vanaf 705 wat in Januarie vanjaar verkoop is, maar, op ‘n jaargrondslag, het verkope met 1,1 persent afgeneem. Passasiersvoertuie het die grootste deel van die verkope uitgemaak met 49,7 […]

Read More

Covid: Sê hallo vir Deltakron

‘n Hibriede weergawe van die koronavirus wat gene van die Delta- en Omikron-variante kombineer – genaamd Deltakron – is by ten minste 17 pasiënte in die VSA en Europa geïdentifiseer. Omdat daar so min bevestigde gevalle is, is dit te gou om te sê of Deltakron-infeksies baie oordraagbaar sal wees of ernstige siekte sal veroorsaak. […]

Read More

Biden blameer Putin vir sy eie verbod op die invoere van Russiese olie

Die Amerikaanse President Joe Biden sê 60 miljoen vate olie, waarvan 30 miljoen in die VSA se reserwes is, is vrygestel om die prysstyging van brandstof in die VSA te beperk. Hy beskryf dit as Putin se prysstyging, al het hy die verbod op Russiese olie-invoere na die VSA toe, ingestel.

Read More