Koebaai Windhoek Light

Namibië Brouerye het aangekondig dat sy Windhoek Light-produk tydelik aan die einde van Mei gestaak word. Volgens die maatskappy is die besluit geneem as gevolg van tendense in die mark en is ook nie deur die Heineken-transaksie beïnvloed nie. Die produk sal weer vervaardig word wanneer daar genoegsame vraag in die mark voorkom. In ‘n verklaring sê NBL dat hy gereeld sy produkte hersien en hul volhoubaarheid toets.