Alles het in Europa verander 

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê Rusland se inval in Oekraïne het ‘n nuwe hoofstuk in die na-Koue Oorlogse geskiedenis ingewy. Die Verengde Koninkryk het ingestem tot ooreenkomste met Swede en Finland waarvolgens die land hulle te hulp sal snel as hulle aangeval sou word. Die twee lande sal Brittanje ook in ‘n krisis bystaan. Johnson sê die oorlog in Oekraïne het Europese sekerheid verander en die toekoms herskep: