Afrika moet in landbou belê vir voedselsekerheid

Daar is oproepe vir Afrika om hom te verbind tot groter beleggings in die landbou om voedselonsekerheid die hoof te bied. Dit is by die streekskonferensie van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies geopper toe meer as 50 Afrika-lande in Ekwatoriaal-Guineë bymekaargekom het. Volgens die organisasie het 250 miljoen mense in Afrika daagliks nie genoeg kos om te eet nie, en bykans een-miljard mense kan nie voedsame kos bekostig nie. Dr. Abebe Haile-Gabriel van die organisasie sê die konferensie het aandag gegee aan die kernuitdagings: