SA belastingverligting op brandstof verstryk einde Mei

Die DA wil wetgewing instel om Suid-Afrikaanse verbruikers teen brandstofprys-stygings te beskerm. Dit volg omdat die regering se tydelike belastingverligting van 1 Suid-Afrikaanse rand en 50 sent per liter aan die einde van die maand verval. Verbruikers sal van begin Junie waarskynlik 3 rand meer per liter moet opdok. Die DA-lid Kevin Mileham sê die belastingvoordeel wat verval en die daaropvolgende stewige verhoging sal ‘n massiewe uitwerking hê op lewenskoste: