Jafet kry borg, Meyer dalk weer gearresteer

Plaaslike media berig dat die 31-jarige Jafet Paulus, wat daarvan beskuldig word dat hy Namibië se veteraan rugbyspeler Gerhard Mans op 4 Mei doodgery het, is borg van 3 000 Namibiese dollar in die Katutura-landdroshof toegestaan. Die aanklaer Victoria Thompson het aan landdros Olga Likando bevestig dat die staat nie langer borg teenstaan nie. Sy saak is tot 22 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Intussen word daar berig dat die Mariental-polisie tans oorweeg om  Johan Meyer, wat daarvan beskuldig word dat hy die nege-jarige Hendrina Mupolo doodgery het en 3 000 dollar borg ontvang het, weer in hegtenis te neem. Die Hardap-streek se bevelvoerder James Haatutale wou nie enige kommentaar lewer nie. Inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga sê Meyer kan net weer gearresteer word indien daar foutiewe prosedure was met sy oorspronklike inhegtenisname of as dit in die openbare belang is. ‘n Protesoptog is verlede week teen Meyer se borg op die dorp gehou. Die kwessie van Meyer en Paulus en borg het wyd reaksie uitgelok regoor die land.