Versigtig vir nuwe avatar-toep, meen kenners

‘n Nuwe foontoepassing wat gebruikers ‘n gratis digitale avatar van hul profielfoto’s bied, wek kommer in sirkels wat te doen het met kuberveiligheid. Internasionale kenners sê die toepassing word besit deur Linerock Investments wat in ‘n woonstelkompleks in Moskou, langs die Russiese ministerie van verdediging, gevestig is. Die toepassing eis dat persone ‘n hoë resolusie foto van hul gesigte oplaai wat dan omskep word en daar is vrese oor biometriese opnames om gesigherkenning uit te brei.