TB in die soeklig, Wêreld TB-dag môre herdenk

Tuberkulose bly ‘n uitdaging, plaaslik en elders. Die jongste opnames toon dat Namibië 442 gevalle per 100 000 inwoners het . Intussen sê Stad Tshwane in die buurland, tuberkulose is een van die dodelikste aansteeklike siektes ter wêreld en is meer ernstig in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, waar die agtste meeste TB-gevalle in die wêreld […]

Read More

Bek- en klouseer wek kommer in die Noord-Kaap

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê hy het reeds noodvergaderings belê om te kan reageer op die uitbreking van bek- en klouseer. Die siekte het nog nie die provinsie self bereik nie, maar is in Noordwes aangemeld. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê provinsiale veeartseny-beamptes is op ‘n hoë […]

Read More

Plaaslike SME’s wil nie leen nie

Berigte uit Suid-Afrika dat krediet wat deur SME’s aangegaan word herstel en terug na vlakke voor Covid neig. FNB in die buurland sê teen einde Junie verlede jaar is meer as 41 miljard Suid-Afrikaanse rand geleen met verdere groei wat in die laaste helfte van die jaar aangeteken is. Maar, die prentjie verskil hemelsbreed in […]

Read More

Jamaika betoog teen William en Kate oor slawerny

Betogers het in Kingston, Jamaika, vergader om teen die amptelike besoek van prins William en Kate aan die voormalige Britse kolonie te protesteer en te eis dat die monargie om verskoning vra vir sy rol in slawehandel. Die hertog en hertogin van Cambridge het in die hoofstad aangekom vir ‘n driedaagse besoek wat deel vorm […]

Read More

Nampol skiet twee vermeende bendelede dood

Die Kavango Oos-polisie het twee mans by die Ngarama-Teya-nedersetting doodgeskiet nadat inligting ontvang is oor ‘n beplande gewapende roof. Die streek se misdaadondersoek koördineerder, Bonifatius Kanyetu, sê die vermeende rowers het eerste op beamptes geskiet nadat hulle by ‘n mini-padblokkade voorgekeer is. Kanyetu sê die twee was deel van ‘n bende van vier wat in die motor was. Een is beseer en […]

Read More

Brent val rond, weer opwaarts

Na Brent ru-olie vroeg vanoggend rondom 115 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel het, het die prys weer begin styg gestyg namate ‘n gerapporteerde daling in Amerikaanse ru-olievooraad. Daar is reeds kommer oor tekorte aan ru-olievoorade wêreldwyd. Brent het tot net bo 117 dollar ‘n vat gestyg, of te wel, met 1,53 persent. Die mark is steeds senuagtig […]

Read More

Daar’s werk, baie werk, maar vir mense met vaardighede

Daar is goeie nuus vir indiensneming. Volgens die 60ste jaarlikse uitgawe van die ManpowerGroup Employment Outlook Survey, beplan Suid-Afrikaanse organisasies om meer personeel in die komende kwartaal van April tot Julie aan te stel. Die sektor wat na verwagting die hoogste indiensneminggroei sal sien, is primêre produksie, wat landbou, bosbou en visvang insluit. Dit word […]

Read More

Welstandsbelasting kom in SA

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê hy gaan welgestelde individue wat doelbewus belasting ontduik, vasvat. Die Inkomstediens sê die welvaartbelasting vorm deel van die program oor die Openbaarmaking van Welvaart. Tax Consulting South Africa se woordvoerder, Jashwin Baijoo, sê die rykes sal nou geen ander keuse hê as om belasting te betaal nie:

Read More

Barty se aftrede laat groot leemte

Die uitvoerende hoof van die Vroue Tennisvereniging, Steve Simon, sê Ashleigh Barty het haarself as een van die groot kampioene in vrouetennis gevestig. Die Australiër, wat drie Grand Slam-titels gewen het, het die sportwêreld geskok deur haar uittrede op 25 aan te kondig. Sy sê sy verlaat die sport om ander drome na te jaag. Simon sê Barty, met […]

Read More

MeerKAT ontdek radiosirkels

Die sterrekunde se jongste geheimsinnige voorwerpe, vreemde radiosirkels, is deur ‘n internasionale span sterrekundiges duidelik in fokus gebring. Sedert die Australiese veelvuldige radioteleskoopprojek, Pathfinder, dit in 2020 ontdek het, het die vreemde radiosirkels aandag getrek. Carolina Odman van die Suid-Afrikaanse instituut vir data-intensiewe astronomie sê ‘n nuwe beeld met fyn besonderhede wat deur die MeerKAT-radioteleskoop […]

Read More