Kim sê N-Korea se Covid-uitbreking is ‘n ramp

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un het die eerste uitbreking van Covid-19 in die land beskryf as ‘n reuse-ramp. Die staatsmedia berig altesaam 27 mense is dood en nog 524 440 het siek geword sedert die virus vinnig versprei het van die einde van April. Daar is egter nie berig hoeveel van die gevalle en sterftes bevestig word as Covid-19-gevalle nie. Daar is ook geen inentingsrekords vir die land, wat eintlik baie swak mediese fasilteite het, nie. Kim sê hulle sal die Chinese model van virus-voorkoming volg en hy glo hulle sal dit in die kortste moontlike tyd oorwin.