Aantygings van seksuele geweld deur Russiese soldate skok

Die Europese Kommissie sê die toenemende geloofwaardige aantygings oor seksuele geweld van Russiese soldate in Oekraïne is skokkend. Die Verenigde Nasies het vroeër die week gewaarsku die talle gevalle van seksuele geweld wat ondersoek word, is maar ‘n klein geheel van ‘n groot probleem. Die kommissie het aangekondig 252 miljoen Namibiese dollar is bewillig vir ‘n projek wat die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds sal ondersteun. Dis om aan vroue en meisies in Oekraïne hulp te verleen met seksuele en voortplantingsgesondheidsdienste.