Bemarking van vee vertoon baie goed in Maart

Luidens Agribank se jongste beskikbare statistiek het Namibië 56 163 skaap in Maart vanjaar bemark, ‘n toename van 74 persent teenoor Februarie se syfers. Die bank sê die toename is hoofsaaklik aangedryf deur op-die-hoef-uitvoere na Suid-Afrika. Die bank sê 9 410 bokke is bemark, 29 persent meer as in Februarie met uitvoere na KwaZulu-Natal wat die getalle oorheers. Daar was ‘n 1 persent afname in die bemarking van bees met 17 493 wat in Maart aangeteken is.