SA het sukses met beleggingsbeloftes

President Cyril Ramaphosa het sy vertroue uitgespreek in Suid-Afrika se vermoë om beleggings te lok. Hy het gister die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton toegespreek. Die geleentheid is daarop gemik om die land aan alle beleggers te verkoop. Ramaphosa sê die teiken is vir die land om binne vyf jaar 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand se […]

Read More

Navo: Putin het misluk in sy poging…

Die lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het in Brussel vergader en beloof om meer ondersteuning, ook met wapentuig, aan die Oekraïne te verskaf. Amerikaanse President Joe Biden sê dit was sy Russiese eweknie Vladimir Putin se doel om Navo te verdeel maar, hy het die teenoorgestelde bereik.

Read More

Kongolese ontsnapte is nog steeds soek

Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig die Kongolese vlugteling en vermeende dwelmsmokkelaar, die 32-jarige Gilbert Kalenga is steeds op vrye voet is nadat hy Maandagaand uit die Swakopmund-aanhoudingselle ontsnap het. Kalenga van die Osire-vlugtelingskamp was in aanhouding vir die onwettige handel van dagga ter waarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar. Hy het glo […]

Read More

SA Polisie sit R62 miljoen opsy vir DNS-agterstand

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, sê sy departement het 62 miljoen rand opsy gesit vir oortyd-betalings om die agterstand met DNS-bewysmonsters te verminder. Cele sê hulle het bykomende personeel by die grootste Nasionale Forensiese Wetenskaplaboratorium in Kaapstad aangestel. Hy meen die agterstand sal na verwagting binne ses maande voltooi wees in […]

Read More

Magriete Wilhelm se borgtogaansoek onsuksesvol

Die 65-jarige kommersiële boervrou, Magriete Wilhelm, se borgtogaansoek vandag in die Otavi-landdroshof het nie geslaag nie. Sy bly in aanhouding die Otavi-polisie se aanhoudingselle. Sy is verlede week Woensdag in hegtenis geneem nadat sy op haar plaas, Fokshof, ongeveer 100 kilometer buite Grootfontein, die 31-jarige Sakaria Kaandje doodgeskiet het. Die Namibiese polisie sê die nadoodse ondersoek toon dat hy drie keer […]

Read More

Navo gaan Oekraïne meer ondersteun

Navo het presies vier weke ná die Russiese inval ingestem tot meer ondersteuning vir Oekraïne. Die sekretaris-generaal van dié militêre groep, Jens Stoltenberg, het vandag terugvoer gegee oor Navo se spitsberaad in Brussel, België. Hy beloof lidlande sal steeds, wat hy noem ongekende koste, vir Moskou oplê. Stoltenberg sê Navo het ooreengekom op vier nuwe gevegsgroepe gebaseer in Bulgarye, Hongarye, […]

Read More

Rooies Mostert by Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het bevestig dat oudlanddros en voortvlugtige Walter Rooies Mostert by die Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem is. Daar is 29 klagte teen Mostert aanhangig gemaak. Die staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom het deur vervalste dokumente in te dien en verder, dat hy […]

Read More

SA polisieminister sê hulle werk aan DNS-agterstand

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê hulle gee aandag aan die kwessie van DNS-agterstande by die Nasionale Forensiese Wetenskap-laboratorium. Cele het in KwaZulu-Natal aan die media gesê ‘n regerings-inligtingstegnologie-maatskappy is aangestel om monsters na te spoor met ‘n nuwe digitale stelsel wat 7 000 tot 8 000 monsters per week kan hanteer.

Read More

Deur-tot-deur-inentings wil net dienste nader aan gemeenskappe bring

Ná ‘n nuusaankondiging van die Namibiese gesondheidsministerie in die Okahandja-distrik dat gesondheidsbeamptes vanaf 28 Maart van deur tot deur sal gaan en Covid-inentings aanbied, blyk dit dat dit sommige lede van die gemeenskap ontstel het deur te dink dat dit verpligte inentings is. Die ministerie sê Covid-inenting in Namibië bly vrywillig en dit bring diens […]

Read More

President van Krieket Namibië prys die Eagles

Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren het gereageer op die oorwinning van Namibië se senior A-krieketspan teen die Irish Wolves. Die Eagles het vandag by Wanderers die laaste van drie T20-wedstryde in die Castle Lite-reeks teen die besoekende Irish Wolves met agt paaltjies gewen met 19 balle nog oor. Die Eagles is […]

Read More