DA stel dokument vry oor ware toestand van KwaZulu-Natal

Die DA het ‘n dokument van agt bladsye vrygestel wat volgens hom die ware toestand onthul waarin KwaZulu-Natal verkeer. Die party glo amptenare en politici verbloem die werklike krisis wat elke dag vererger. Volgens die DA se woordvoerder, Francois Rodgers, sit duisende inwoners en gemeenskappe in die stad reeds vir meer as een maand ná die vloed sonder water en het geen benul wanneer dit ten volle herstel sal wees nie. Rodgers voeg by kragonderbrekings teister steeds huishoudings in sekere gebiede.