Polise ondersoek sekssindikaat in Parklands

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê die polisie ondersoek die sekssindikaat in Parklands. Dit volg nadat ‘n berig op sosiale media getoon het jong meisies onder die ouderdom van 18 word gelok om aan seksuele bedrywighede deel te neem in ruil vir 1 500 rand. Allen het gesê die departement van maatskaplike ontwikkeling is in kontak met een van die skoolmeisies en ‘n saak is geopen.