Twee aardbewings by Sossusvlei

Die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig dat twee aardbewings van onderskeidelik 4,3 en 3,8 op die Richterskaal sowat 43 kilometer suid van Sossusvlei Saterdagoggend in die vroeë oggendure plaasgevind het. Die aardbewegings is deur al tien seismiese stasies van die Namibeise Seismologiese Netwerk gerapporteer, asook in Suid-Afrika. Die aardbewings was vlak teen ‘n diepte van minder as 15 kilometer. ‘n Senior geowetenskaplike van die ministerie, Mako Sitali