Spanne van Unam, Wits help om swart gat in Melkweg te ontdek

Sterrekundiges het tydens ‘n perskonferensie by die Universiteit van die Witwatersrand se Planetarium die eerste beeld bekendgestel van die super-massiewe swart gat in die middel van ons Melkweg-sterrestelsel. Volgens die Event Horizon Teleskoop-samewerkingsprojek het die bekendstelling oorweldigend bewys die voorwerp is onteenseglik ‘n swart gat en verskaf kosbare leidrade oor die werking van sulke reuse, wat vermoedelik in die middel van die meeste sterrestelsels voorkom. Die Universiteit van Namibië is ook betrokke by die die Event Horizon Telescope-projek.