Suide-boere is besig om stryd teen sprinkane te wen

Boere in die suide van die Namibië is besig om teen die vierde vlaag van sprinkaanswerms te veg. Die episentrum van die sprinkaanplae is by Karasburg en Aus in die Karas-streek wat na Bethanie, Berseba, Tses, Oranjemund en Keetmanshoop uitgebrei het. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is besig om die stryd teen die sprinkane te wen.