NEFF-leiers bly in aanhouding

Die saak van die twee NEFF-leiers Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, saam met ses ander is tot 5 Julie in die Windhoekse landdroshof in Katutura uitgestel. Amushelelo en Nauyoma bly in aanhouding. Die saak spruit uit die chaos by China Town in Windhoek verlede week Donderdag en Vrydagoggend toe hulle winkels geplunder en toegemaak het.