Staatsgreep op die kaarte vir Rusland?

‘n Voormalige eerste sekretaris en media attaché van die Russiese ambassade in Windhoek reageer op ‘n Russiese ontleder wat voorspel dat Vladimir Putin se top-veiligheidsbeamptes verstaan dat die oorlog in die Oekraïne ‘verlore’ is en ‘n staatsgreep nou ‘n realistiese moontlikheid is. Christo Grozev, ‘n Russiese kenner, glo dat top-veiligheidsbeamptes die meeste geneig is om […]

Read More

Boks-bonanza ‘n reuse-sukses, met ‘n nuwe kampioen

Namibië spog nou met ‘n nuwe Wêreld Boksvereniging se Pan-Afrika-kampioen, die veergewig-bokser, Nathanael ‘Natty’ Kakololo . Hy het tydens die Uerikua Champions Collide Boxing Bonanza by die Paresis-sportkompleks op Otjiwarongo as oorwinnaar uit die kryt geklim toe die skeidsregter sy boksgeveg teen die Tanzaniër Kasimu Hamad Hai in die sewende ronde gestop het. Joseph Hilongwa […]

Read More

KZN: Vlak 10-waarskuwing geld steeds vandag

Die eThekwini-munisipaliteit het meer as 200 mense ontruim nadat swaar reën die naweek chaos in KwaZulu-Natal veroorsaak het. Drie liggame is Saterdag langs ‘n rivier in die KwaSeme-gebied gevind. Rampbestuurspanne en nooddiensbeamptes is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en ‘n vlak 10-waarskuwing van die Suid-Afrikaanse Weerdiens bly van krag. eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê […]

Read More

Vakbonde spreek ook kinderarbeid in Namibië aan

‘n Afvaardiging onder leiding van die Namibiese adjunkminister van arbied, Hafeni Ndemula, het ‘n konferensie oor die bekamping van kinderarbeid in Afrika in Durban in Suid-Afrika bygewoon. Namibië het ‘n totaal van tien kinderarbeid-sake tussen 2015 en 2021 aangeteken. In die Kunene-, Omusati- en Ohangwena-streke is elk een saak aangeteken, terwyl die Kavango Wes- en […]

Read More

Babaseuntjie, 3 maande oud, steeds soek

‘n Drie maande oue babaseuntjie is volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag deur twee onbekende verdagtes by die United Nations Park in Tsumeb ontvoer. Die 18-jarige ma van die Ohangwena-streek het na Tsumeb gereis, nadat sy ‘n oproep van ‘n vrou op die dorp vir werk as ‘n huishulp ontvang het. Met haar aankoms by […]

Read More

Ligte bly af in SA

Eskom gaan hierdie week in die buurland elke aand tussen vyf en tien fase twee-beurtkrag instel. Dit is as gevolg van ‘n voortgesette tekort aan opwekkingsvermoë. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê daar kan gevalle wees waar beurtkrag buite hierdie ure ingestel moet word:

Read More

Biden sê daar word gekyk na ‘n entstof vir aap-pokke

Die Amerikaanse President Joe Biden sê daar word ondersoek ingestel na die moontlikheid of ‘n entstof teen aap-pokke te ontwikkel. Israel en Switserland is die jongste lande wat nou gevalle van die siekte aangemeld het. Dit bring die aantal lande wat uitbrekings aangegee het op 14 te staan. Aap-pokke kom die meeste in afgeleë dele […]

Read More

Build Together-projek oorhandig 70 huise op Swakopmund

Die Build Together-behuisingsprojek se amptelike oorhandiging van 70 huise het op Swakopmund plaasgevind. Die huise wat deur die munisipaliteit befonds is, kos tussen 120 000 en 140 000 Namibiese dollar, maar eienaars hoef slegs 80 000 Namibiese dollar terug te betaal. Die konstruksie van fase een van 30 huise ter waarde van 3.5 miljoen dollar, […]

Read More

Namibiese arbeidsministerie wil kinderarbeid bekamp

Namibië het ‘n totaal van tien kinderarbeid-sake tussen 2015 en 2021 aangeteken. In die Kunene-, Omusati- en Ohangwena-streke is elk een saak aangeteken, terwyl die Kavango-Wes- en Kavango-Oos-streke onderskeidelik vier en drie aangeteken het. Dit is volgens statistieke verskaf deur die arbeidsministerie. Albius Mwiya, die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, het gesê dat dit […]

Read More

ANC veroordeel samesweringsteorieë oor sterftes van vyf leiers

ANC-leiers in Johannesburg het ‘n beroep gedoen vir die beëindiging van samesweringsteorieë na vyf streekleiers in minder as ‘n jaar dood is. ‘n Voormalige burgemeester Mpho Moerane is onlangs na ‘n motorongeluk oorlede. Moerane se dood volg na ander voormalige burgemeesters Geoff Makhubo en Jolidee Matongo ook gesterf het. Moerane word vandag in ‘n burgerlike […]

Read More