Staatsgreep op die kaarte vir Rusland?

‘n Voormalige eerste sekretaris en media attaché van die Russiese ambassade in Windhoek reageer op ‘n Russiese ontleder wat voorspel dat Vladimir Putin se top-veiligheidsbeamptes verstaan dat die oorlog in die Oekraïne ‘verlore’ is en ‘n staatsgreep nou ‘n realistiese moontlikheid is. Christo Grozev, ‘n Russiese kenner, glo dat top-veiligheidsbeamptes die meeste geneig is om Putin te probeer omverwerp, en hulle soek reeds maniere om hul geld en gesinne uit die land te verskuif. Grozev het gesê ‘n staatsgreep kan kom as of wanneer Putin sy generaals beveel om ‘n kernaanval uit te voer. Yury Tsvetkov gee sy mening oor Grozev uit Moskou aan Kosmos 94.1 Nuus.

Tsvetkov sê Rusland is meer as ooit verenig en Putin is ook nie ‘n diktator nie …