Vakbonde spreek ook kinderarbeid in Namibië aan

‘n Afvaardiging onder leiding van die Namibiese adjunkminister van arbied, Hafeni Ndemula, het ‘n konferensie oor die bekamping van kinderarbeid in Afrika in Durban in Suid-Afrika bygewoon. Namibië het ‘n totaal van tien kinderarbeid-sake tussen 2015 en 2021 aangeteken. In die Kunene-, Omusati- en Ohangwena-streke is elk een saak aangeteken, terwyl die Kavango Wes- en Kavango Oos-streke onderskeidelik vier en drie aangeteken het. Dit is volgens statistieke verskaf deur die arbeidsministerie. Albius Mwiya, die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, het gesê dat kinderarbeid opgemerk is in veral die huishoudelike, landbou- en ekonomiese sektore tydens roetine-werkplek-inspeksies deur arbeidsinspekteurs. Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna se sekretaris-generaal, Mahongoro Kavihuha, sê hoe hulle as ‘n vakbond kinderarbeid takel.