Biden sê daar word gekyk na ‘n entstof vir aap-pokke

Die Amerikaanse President Joe Biden sê daar word ondersoek ingestel na die moontlikheid of ‘n entstof teen aap-pokke te ontwikkel. Israel en Switserland is die jongste lande wat nou gevalle van die siekte aangemeld het. Dit bring die aantal lande wat uitbrekings aangegee het op 14 te staan. Aap-pokke kom die meeste in afgeleë dele van Sentraal- en Wes-Afrika voor. Biden sê as die virus wyer sou versprei, sal daar gevolge wees wat almal sal raak.