Build Together-projek oorhandig 70 huise op Swakopmund

Die Build Together-behuisingsprojek se amptelike oorhandiging van 70 huise het op Swakopmund plaasgevind. Die huise wat deur die munisipaliteit befonds is, kos tussen 120 000 en 140 000 Namibiese dollar, maar eienaars hoef slegs 80 000 Namibiese dollar terug te betaal. Die konstruksie van fase een van 30 huise ter waarde van 3.5 miljoen dollar, het in Mei 2020 begin en is in April 2021 voltooi. Fase twee met 40 huise ter waarde van 5,3 miljoen se konstruksiewerk het in Februarie 2021 begin en is in Desember verlede jaar voltooi.