Boks-bonanza ‘n reuse-sukses, met ‘n nuwe kampioen

Namibië spog nou met ‘n nuwe Wêreld Boksvereniging se Pan-Afrika-kampioen, die veergewig-bokser, Nathanael ‘Natty’ Kakololo . Hy het tydens die Uerikua Champions Collide Boxing Bonanza by die Paresis-sportkompleks op Otjiwarongo as oorwinnaar uit die kryt geklim toe die skeidsregter sy boksgeveg teen die Tanzaniër Kasimu Hamad Hai in die sewende ronde gestop het. Joseph Hilongwa van die MTC Salute Boxing Academy sê die boks-bonanza was ‘n reuse-sukses.