Program vorder vir herbevolking van swartrenosters in Kenia

‘n Renosterskuiling in Kenia het onderneem om sy swartrenoster-bevolking te verdubbel. Volgens die Wêreldnatuurlewefonds word swartrenosters steeds erg bedreig, met net sowat vyf-duisend-500 wat in die wêreld oor is. Die Sera-gemeenskaps-renosterskuiling het in 2015 tien swartrenosters ingeneem, wat danksy ‘n teelprogram tot 19 vermeerder het.

Read More

Johnson & Johnson moet US$2,1 miljard skadevergoeding oor babapoeier betaal

’n Appèlhof in Missouri in die VSA, het meer as 2 miljard Amerikaanse dollar se skadevergoeding teen Johnson en Johnson bekragtig, en gesê dat die maatskappy geweet het daar is asbes in sy babapoeier wat moontlik kanker kan veroorsaak. Die hof het beveel dat Johnson & Johnson 2,1 miljard dollar se skadevergoeding betaal aan vroue wat eierstokkanker op die maatskappy […]

Read More

Nam sit in dieselfde boot as Zim, wil ook ivoor verkoop

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie Romeo Muyunda sê ons is in dieselfde bootjie as Zimbabwe. Die buurland poog om internasionale ondersteuning te kry om sy 130 ton voorraad ivoor te verkoop en die land hou tans ‘n konferensie in die verband. Nes Namibië, waarsku hy ook dat hy die bewaringsorganisasie, CITES, kan verlaat. Muyunda […]

Read More

NSI kan nie standaarde ontwikkel as iemand nie vra nie

Die Namibiese Instituut vir Standaarde het gereageer op die aankondiging van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde wat sê e-sigarette en damprook-produkte in Suid-Afrika sal binnekort vervaardig word volgens nasionale standaarde. Daar is tans geen maatstaf of regulasies wat hierdie produkte in die buurland, plaaslik, of in Afrika, betref nie. Mutonga Matali, die instituut se skakelbeampte […]

Read More

Matie-student het tien dae om te reageer na komitee aanbevelings finaliseer

Die Universiteit Stellenbosch-student Theuns du Toit wat by die urinering voorval betrek word, het tien werksdae om op die dissiplinêre komitee te reageer. Dit kom nadat die universiteit se Gelykheidseenheid ’n verslag met aanbevelings gefinaliseer het nadat hulle die saak ondersoek het. Adjunk-visekanselier vir Onderrig en Leer, Deresh Ramjugernath, sê die universiteit se sentrale dissiplinêre […]

Read More

Asteroïde kom op 27 Mei, redelik naby, verby

Die Russiese navorsingsinstituut het bevestig dat die grootste van die bekende Apollo-groep asteroïdes wat vanjaar by die Aarde verby vlieg, op 27 Mei die planeet nader. Die asteroïde sal teen net voor half-vyf in die oggend, op ‘n afstand van 4 miljoen kilometer, die naaste aan die aarde wees. Dit vlieg teen bykans 13 kilometer […]

Read More

Vyf plaaslike kunstenaars kry befondsing

Die Africa Prime Initiative (API), die filantropiese afdeling van die Amerikaans-gebaseerde video-stroomplatform Africa Prime, het ‘n vennootskap met Namibië se StArt Kunsgalery om sy inhuldigingstoekennings vir visuele kunstenaars in Afrika bekend te stel. Aansoeke om toelaes om kunstenaars te help om nuwe werke te skep, duur tot 23 Junie 2022. Volgens die StArt Kunsgalery se […]

Read More

Band wat bars veroorsaak veldbrand

‘n Veldbrand het net Noord van Grootfontein op die roete na Rundu ontstaan na ‘n motor se band gebars het. Daar is kommer omdat die brand baie vinnig kan versprei en boere word gemaan om uiters paraat te wees. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers het die jongste.

Read More

Gustavo bly uit op borg, appèl deur Imalwa misluk

Hoërhofregter Herman Oosthuizen het vanoggend ‘n aansoek deur die aanklaer-generaal om teen die vrylating op borgtog van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo te appelleer, geweier. Hy sê daar is geen redelike vooruitsig dat die hooggeregshof tot die gevolgtrekking sal kom dat hy sy regterlike diskresie verkeerd uitgeoefen het nie. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het in haar stukke gesê Oosthuizen het fouteer omdat Gustavo op dieselfde […]

Read More

AR is vies oor wat hy as ‘dubbelstandaarde’ beskryf

Die Affirmative Repositioning-beweging het sy misnoeë uitgespreek oor die voorsitter van die Erongo Red-raad Irene Simeon-Kurtz. Volgens die beweging skuld sy amper 650 000 Namibiese dollar aan Erongo Red, blykbaar vir haar vulstasie op Usakos. Die beweging sê die kwessie moet onmiddellik ondersoek word omdat dit teen die gedragskode van die maatskappy is. Hy meen […]

Read More