Matie-student het tien dae om te reageer na komitee aanbevelings finaliseer

Die Universiteit Stellenbosch-student Theuns du Toit wat by die urinering voorval betrek word, het tien werksdae om op die dissiplinêre komitee te reageer. Dit kom nadat die universiteit se Gelykheidseenheid ’n verslag met aanbevelings gefinaliseer het nadat hulle die saak ondersoek het. Adjunk-visekanselier vir Onderrig en Leer, Deresh Ramjugernath, sê die universiteit se sentrale dissiplinêre komitee sal ‘n besluit neem oor die toepaslike dissiplinêre kanaal wat gevolg moet word. Die eerstejaar regstudent is geskors nadat hy op die lessenaar van Babalo Ndwayana geurineer het.