Asteroïde kom op 27 Mei, redelik naby, verby

Die Russiese navorsingsinstituut het bevestig dat die grootste van die bekende Apollo-groep asteroïdes wat vanjaar by die Aarde verby vlieg, op 27 Mei die planeet nader. Die asteroïde sal teen net voor half-vyf in die oggend, op ‘n afstand van 4 miljoen kilometer, die naaste aan die aarde wees. Dit vlieg teen bykans 13 kilometer per sekonde. Die asteroïde hou geen bedreiging vir die planeet in nie, het Rusland se Staatsruimtekorporasie verder gesê. Dr. Riaan Steenkamp van Unam se fisika departement gesels met Kosmos 94.1 Nuus.