Nam sit in dieselfde boot as Zim, wil ook ivoor verkoop

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie Romeo Muyunda sê ons is in dieselfde bootjie as Zimbabwe. Die buurland poog om internasionale ondersteuning te kry om sy 130 ton voorraad ivoor te verkoop en die land hou tans ‘n konferensie in die verband. Nes Namibië, waarsku hy ook dat hy die bewaringsorganisasie, CITES, kan verlaat. Muyunda sê enige opbrengs van sulke verkope word aan bewaring gewend.