AR is vies oor wat hy as ‘dubbelstandaarde’ beskryf

Die Affirmative Repositioning-beweging het sy misnoeë uitgespreek oor die voorsitter van die Erongo Red-raad Irene Simeon-Kurtz. Volgens die beweging skuld sy amper 650 000 Namibiese dollar aan Erongo Red, blykbaar vir haar vulstasie op Usakos. Die beweging sê die kwessie moet onmiddellik ondersoek word omdat dit teen die gedragskode van die maatskappy is. Hy meen haar krag moet afgesny word soos wat met ander gebeur. Die aktivis Joseph Kandowa, wat die brief aan Erongo Red gerig het, sê dis ‘n skande omdat sy ook ‘n raadslid vir Usakos is.