Johnson & Johnson moet US$2,1 miljard skadevergoeding oor babapoeier betaal

’n Appèlhof in Missouri in die VSA, het meer as 2 miljard Amerikaanse dollar se skadevergoeding teen Johnson en Johnson bekragtig, en gesê dat die maatskappy geweet het daar is asbes in sy babapoeier wat moontlik kanker kan veroorsaak. Die hof het beveel dat Johnson & Johnson 2,1 miljard dollar se skadevergoeding betaal aan vroue wat eierstokkanker op die maatskappy se poeierprodukte, insluitend sy ikoniese babapoeier, blameer het. Johnson en Johnson het sy babapoeier in 2020 van verkope in die VSA en Kanada onttrek.