Gustavo bly uit op borg, appèl deur Imalwa misluk

Hoërhofregter Herman Oosthuizen het vanoggend ‘n aansoek deur die aanklaer-generaal om teen die vrylating op borgtog van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo te appelleer, geweier. Hy sê daar is geen redelike vooruitsig dat die hooggeregshof tot die gevolgtrekking sal kom dat hy sy regterlike diskresie verkeerd uitgeoefen het nie. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het in haar stukke gesê Oosthuizen het fouteer omdat Gustavo op dieselfde gronde, waarop borg geweier is, sy aansoek gebring. Oosthuizen het Gustavo op 15 Desember op 800 000 Namibiese dollar se borg vrygelaat. Imalwa hou voet by stuk dat Gustavo ‘n vlugrisiko is.