NSI kan nie standaarde ontwikkel as iemand nie vra nie

Die Namibiese Instituut vir Standaarde het gereageer op die aankondiging van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde wat sê e-sigarette en damprook-produkte in Suid-Afrika sal binnekort vervaardig word volgens nasionale standaarde. Daar is tans geen maatstaf of regulasies wat hierdie produkte in die buurland, plaaslik, of in Afrika, betref nie. Mutonga Matali, die instituut se skakelbeampte sê daar moet ‘n versoek van industrie kom vir hom om plaaslike standaarde te ontwikkel.