Tom Alweendo bemark Namibië se groen waterstof-projek in Davos

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het tydens sy toespraak vandag by die Namibiese Huis by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland gesê Namibië se enorme natuurlike hernubare hulpbronne – sy son- en windkrag – bied ‘n unieke geleentheid vir die land om volhoubare energie op te wek deur die produksie […]

Read More

DBN en Franse AFD onderteken ooreenkoms van N$5 miljoen

Die Franse ontwikkelingsagentskap, AFD en die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n ooreenkoms onderteken vir toelae van sowat 5 miljoen Namibiese dollar vir twee navorsingsprogramme van die bank. Die navorsingsprogramme is in verband met bekostigbare behuising en die ontwikkeling van Namibiese vroue-entrepreneurs. Die ooreenkoms is onderteken deur Martin Inkumbi, die uitvoerende hoof van die bank, Sébastien Minot, Franse ambassadeur in […]

Read More

Gauteng se gesondheid ontvang begroting van R59,4 miljard

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, sê die provinsiale departement van gesondheid het altesaam 59,4 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2022/23-boekjaar ontvang en ‘n verdere 178,2 miljard rand vir die 2022 mediumtermyn-bestedingsraamwerk. Mokgethi sê met dié toewysing beplan die departement om die gesondheidsorgstelsel te vernuwe en die gehalte, veiligheid en algehele dekking van gesondheidsdienste […]

Read More

Verhitting teen koue winterweer hou brandrisiko’s in

Die Stad Kaapstad sê verskeie bronne van verhitting verjaag die kouer winterweer, maar hou brandrisiko’s in. ‘n Uiteensetting van die brand-statistiek tussen Junie tot Augustus oor ‘n tydperk van drie jaar, toon brande kom in beide formele en informele woonplekke voor. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê 120 sterftes is in hierdie […]

Read More

Wagte van Onbanja Security Services op Keetmanshoop hou protes-optog

Sekuriteitswagte van Ombanja Security Services op Keetmanshoop het ‘n protes-optog op die Suide-dorp gehou weens beweerde wanbetaling van hul salarisse. Hulle beweer sommige van hulle het vir die afgelope vyf maande nie hul salarisse ontvang nie. Hulle sê hulle weier om na hul wagposte uitgeplaas te word voordat hulle hul salarisse ten volle ontvang het. […]

Read More

Diagnolab skenk 100 000 sanitêre doekies aan streke

Die hoof uitvoerende beampte van die Diagnolab, Hambeleleni Matsi, sê geen kind moet hul opvoeding misloop weens menstruasie nie. Diagnolab het 100 000 sanitêre doekies aan streeksgoewers geskenk, wat dit aan leerders in hul onderskeie streke gaan uitdeel. Die skenking vier ook Menstruele Higiënedag, ’n jaarlikse bewusmakingsdag op 28 Mei om die belangrikheid van goeie […]

Read More

Minstens 10 dood ná gebou in Iran ineenstort

Minstens tien mense is dood ná ‘n multi-verdieping kantoorgebou in konstruksie in Abadan, Iran, in duie gestort het, berig internasionale media. Soek- en reddingswerkers fynkam steeds die puin vir oorlewendes. Die dodetal kan styg en talle mense is nog vermoedelik vasgekeer. 

Read More

DA: Minister van kuns en kultuur moet Taal-monument in Paarl besoek

Die DA in die Wes-Kaap sê die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, moet na die Paarl gaan om meer inligting oor die belangrikheid van die Taal-monument in te win. ‘n DA-parlementslid, Leon Schreiber, sê Suid-Afrikaners moet ook self die monument besoek om meer te leer oor die betekenis daarvan. Schreiber sê Suid-Afrikaners moet […]

Read More

Namibiese artefakte kom terug vanaf Berlyn

Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe in die Etnologie-museum in Berlyn, sal op 28 Mei na Namibië terugkeer. Volgens Ndapewoshali Ashipala, waarnemende direkteur van die Museums-vereniging van Namibië, sal die artefakte deel vorm van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo.  Esther /Gôagoses, die direkeur van erfenis en kulturele programme in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en […]

Read More

Vermeende parlement-brandstigter se borg-appèlaansoek Maandag aangehoor

Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan weer die borgtog-appèlaansoek van die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Christmas Mafe, aanhoor. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê ‘n derde regter is aangestel nadat daar nie ooreenstemming was nie. Die borgtog-appèlaansoek sal nou Maandag aangehoor word. Mafe word aangekla van huisbraak met die opset om ‘n […]

Read More