Verhitting teen koue winterweer hou brandrisiko’s in

Die Stad Kaapstad sê verskeie bronne van verhitting verjaag die kouer winterweer, maar hou brandrisiko’s in. ‘n Uiteensetting van die brand-statistiek tussen Junie tot Augustus oor ‘n tydperk van drie jaar, toon brande kom in beide formele en informele woonplekke voor. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê 120 sterftes is in hierdie tydperk van drie jaar aangeteken.