Tom Alweendo bemark Namibië se groen waterstof-projek in Davos

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het tydens sy toespraak vandag by die Namibiese Huis by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland gesê Namibië se enorme natuurlike hernubare hulpbronne – sy son- en windkrag – bied ‘n unieke geleentheid vir die land om volhoubare energie op te wek deur die produksie van groen waterstof. Namibiese ekonoom, Gabriel Erastus het beaam dat volhoubare energie van groot belang.