Namibiese artefakte kom terug vanaf Berlyn

Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe in die Etnologie-museum in Berlyn, sal op 28 Mei na Namibië terugkeer. Volgens Ndapewoshali Ashipala, waarnemende direkteur van die Museums-vereniging van Namibië, sal die artefakte deel vorm van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo.  Esther /Gôagoses, die direkeur van erfenis en kulturele programme in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en twee afgevaardigdes reis vandag na Berlyn om die artefakte terug na Namibië te bring.