DA: Minister van kuns en kultuur moet Taal-monument in Paarl besoek

Die DA in die Wes-Kaap sê die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, moet na die Paarl gaan om meer inligting oor die belangrikheid van die Taal-monument in te win. ‘n DA-parlementslid, Leon Schreiber, sê Suid-Afrikaners moet ook self die monument besoek om meer te leer oor die betekenis daarvan. Schreiber sê Suid-Afrikaners moet verskeidenheid en inklusiwiteit in die samelewing op ‘n positiewe en omvattende manier vier.