Vermeende parlement-brandstigter se borg-appèlaansoek Maandag aangehoor

Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan weer die borgtog-appèlaansoek van die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Christmas Mafe, aanhoor. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê ‘n derde regter is aangestel nadat daar nie ooreenstemming was nie. Die borgtog-appèlaansoek sal nou Maandag aangehoor word. Mafe word aangekla van huisbraak met die opset om ‘n terreurdaad en brandstigting te pleeg, brandstigting, terreur en diefstal.