DBN en Franse AFD onderteken ooreenkoms van N$5 miljoen

Die Franse ontwikkelingsagentskap, AFD en die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n ooreenkoms onderteken vir toelae van sowat 5 miljoen Namibiese dollar vir twee navorsingsprogramme van die bank. Die navorsingsprogramme is in verband met bekostigbare behuising en die ontwikkeling van Namibiese vroue-entrepreneurs. Die ooreenkoms is onderteken deur Martin Inkumbi, die uitvoerende hoof van die bank, Sébastien Minot, Franse ambassadeur in Namibië, en Bruno Deprince, die AFD-streeksdirekteur vir Suider-Afrika.