Nadal, Djokovic deur na tweede week van Franse Ope
Tennis: Die 13-malige kampioen, Rafael Nadal van Spanje, en wêreld nommer een, Novak Djokovic van Serwië, gaan weer eens teenwoordig wees in die tweede week van die Franse Ope. Djokovic het Aljaz Bedene van Slowenië in skoon stelle verslaan, en Nadal het ook net drie stelle nodig gehad om van Botic van de Zandschulp van […]
Copps 94.1: Twee motorongelukke in Windhoek
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug, die keer van beide Windhoek en Walvisbaai met ons borge G4S Namibia, M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad waar hulle op die toneel van twee motorongelukke was.
Pa wat sy seuns vergiftig vra glo verskoning
‘n Gautengse man wat daarvan beskuldig word dat hy sy kinders met ‘n vergiftigde energiedrankie vermoor het, het glo om verskoning gevra. Volgens ‘n verteenwoordiger van die familie sê die pa, wat probeer selfmoord pleeg het, hy het nie geweet wat hy doen nie. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die 16-jarige Lehlogonolo […]
Argentinië bevestig twee gevalle van aappokke
Argentinië het Vrydag die eerste twee gevalle van aappokke in Latyns-Amerika bevestig, het die ministerie van gesondheid in ‘n mediaverklaring gesê. Spanje, Engeland en Portugal is die lande met die meeste gevalle in die onlangse uitbreking. Die tweede geval is ‘n Spaanse burger wat Woensdag in Argentinië aangekom het. Die meeste van die sowat 200 […]
Blitsbokke gereed vir wraak teen Ierland
Rugby: Die Blitsbokke is weer slaggereed nadat hulle verlede week in die groepfase in die Franse Sewes uitgeskakel is. Die afrigter van die Springbok Sewes, Neil Powell, sê hulle is oorgehaal om hierdie naweek by die Londense Sewes beter vaar. Die Blitsbokke kom vanoggend eerste teen Argentinië te staan en daarna teen Ierland, wat hulle […]
Copps 94.1 kuier by die kus
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug, die keer vanaf Walvisbaai met ons borge G4S Namibia, M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Oor Vrydagaand se program sluit ons aan by JP Nel wat op grondvlak was.
Blikkies tuna-produkte in SA herroep
Shoprite en Checkers in Suid-Afrika het alle blikkies Cape Point Ligte Fynvleis-tuna in Water van 170 gram as ‘n voorsorgmaatreël herroep. Die moontlikheid bestaan dat die blikkies foutiewe dubbelnate het. Die vervaardigingsdatum van produkte wat herroep word, is 23 Julie 2021, met die beste datum vir gebruik voor 23 Julie 2023. Mense wat moontlik die […]
Pumas sorg byna vir opskudding teen Bulle
Rugby: Die Pumas het gisteraand in Pretoria byna vir ‘n groot opskudding gesorg in sy Curriebeker-kragmeting teen die voorloper in die kompetisie, die Bulle. Die Bulle het uiteindelik koning gekraai met 31-26 nadat die Pumas teen rustyd nog met 26-12 voorgeloop het. Die Bulle het vyf drieë gedruk teenoor die besoekers se vier. Vanmiddag speel […]
Britse onderwyser verbeter sy wêreldrekord vir kletsrym
‘n Britse onderwyser het die Guinness-wêreldrekord vir die langste vryslag-kletsrym verbeter. Die 35-jarige Daniel Alcon wat onder sy musikale skuilnaam, DALcon opgetree het, het 39 uur, 37 minute en 54 sekondes lank gekletsrym om die wêreldrekord te verbeter. Dit was Alcon, wat in die Spaanse stad Valencia skoolhou, se tweede poging om die einste rekord […]
Onkologie Palliatiewe Sorgsentrum kom vir Namibië
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, en Aina Nghitongo, het pas teruggekeer van Kaapstad na ‘n paar dae se besoek aan die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement en Universiteit van Kaapstad se mediese departement om die weg te baan vir ‘n Onkologie Palliatiewe Sorgsentrum vir Namibië. Dit is een van die finale strategiese doelwitte […]