Pumas sorg byna vir opskudding teen Bulle

Rugby: Die Pumas het gisteraand in Pretoria byna vir ‘n groot opskudding gesorg in sy Curriebeker-kragmeting teen die voorloper in die kompetisie, die Bulle. Die Bulle het uiteindelik koning gekraai met 31-26 nadat die Pumas teen rustyd nog met 26-12 voorgeloop het. Die Bulle het vyf drieë gedruk teenoor die besoekers se vier. Vanmiddag speel Griekwas teen die Vrystaat in Kimberley en daarna kom die Leeus in Johannesburg teen die Westelike Provinsie te staan.