Britse onderwyser verbeter sy wêreldrekord vir kletsrym

‘n Britse onderwyser het die Guinness-wêreldrekord vir die langste vryslag-kletsrym verbeter. Die 35-jarige Daniel Alcon wat onder sy musikale skuilnaam, DALcon opgetree het, het 39 uur, 37 minute en 54 sekondes lank gekletsrym om die wêreldrekord te verbeter. Dit was Alcon, wat in die Spaanse stad Valencia skoolhou, se tweede poging om die einste rekord te verbeter. Alcon van Wimbledon in Londen, se poging verlede jaar was ‘n uur onder die wêreldrekord-tyd.