Pa wat sy seuns vergiftig vra glo verskoning

‘n Gautengse man wat daarvan beskuldig word dat hy sy kinders met ‘n vergiftigde energiedrankie vermoor het, het glo om verskoning gevra. Volgens ‘n verteenwoordiger van die familie sê die pa, wat probeer selfmoord pleeg het, hy het nie geweet wat hy doen nie. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Die 16-jarige Lehlogonolo Khoabane, die 13-jarige Katleho Khoabane en die sesjarige Tebogo Ngcongwane het gesterf. ‘n Vierde broer veg om sy lewe in die hospitaal en ‘n vyfde het nie die koeldrank gedrink nie.