Blikkies tuna-produkte in SA herroep

Shoprite en Checkers in Suid-Afrika het alle blikkies Cape Point Ligte Fynvleis-tuna in Water van 170 gram as ‘n voorsorgmaatreël herroep. Die moontlikheid bestaan dat die blikkies foutiewe dubbelnate het. Die vervaardigingsdatum van produkte wat herroep word, is 23 Julie 2021, met die beste datum vir gebruik voor 23 Julie 2023. Mense wat moontlik die produkte gekoop het moet dit nie gebruik nie maar dit na hulle naaste tak terugneem vir ‘n volle terugbetaling.