Argentinië bevestig twee gevalle van aappokke

Argentinië het Vrydag die eerste twee gevalle van aappokke in Latyns-Amerika bevestig, het die ministerie van gesondheid in ‘n mediaverklaring gesê. Spanje, Engeland en Portugal is die lande met die meeste gevalle in die onlangse uitbreking. Die tweede geval is ‘n Spaanse burger wat Woensdag in Argentinië aangekom het. Die meeste van die sowat 200 aangemelde gevalle regoor die wêreld in 20 lande tot dusver was nie ernstig nie.