Blitsbokke gereed vir wraak teen Ierland

Rugby: Die Blitsbokke is weer slaggereed nadat hulle verlede week in die groepfase in die Franse Sewes uitgeskakel is. Die afrigter van die Springbok Sewes, Neil Powell, sê hulle is oorgehaal om hierdie naweek by die Londense Sewes beter vaar. Die Blitsbokke kom vanoggend eerste teen Argentinië te staan en daarna teen Ierland, wat hulle verlede naweek die eerste keer in die geskiedenis van Wêreld Sewes-reeks geklop het. Hulle laaste teenstander in die groepfase is Kenia.