Copps 94.1: Twee motorongelukke in Windhoek

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug, die keer van beide Windhoek en Walvisbaai met ons borge G4S Namibia, M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, E-Med Rescue 24 en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad waar hulle op die toneel van twee motorongelukke was.