Herdenking van Wêreld Menstruasie-higiënedag moet stilswye verbreek
In die lig van die Wêreld Menstruasie-higiënedag vandag, het die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsontwikkeling, Sharna Fernandez, ‘n beroep gedoen mense moet nie langer stilbly oor die negatiewe sosiale maatstawwe rakende menstruasie-gesondheid en -higiëne nie. Fernandez was by die Hoërskool Soutrivier in Kaapstad, een van 223 skole wat deelneem aan die provinsie se Sanitêre Waardigheidprojek. Sy […]
Senegal se gesondheidsminister afgedank ná 11 babas in hospitaalbrand sterf
Senegal se President Macky Sall het sy gesondheidsminister, Abdoulaye Diouf Sarr , die trekpas gegee na elf pasgebore babas in ‘n hospitaal in Tivaouane gesterf toe ‘n brand in die kraamsaal uitgebreek het. Volgens die stad se burgemeester, Demba Diop Sy, kon drie babas gered word in die brand wat volgens ‘n ondersoek deur ‘n […]
Voormalige Wallabie Folau gaan vir Tonga speel
Rugby: Die omstrede voormalige Wallabie-agterspeler, Israel Folau, gaan na verwagting vir Tonga terugkeer na die internasionale arena. Rugby Australië het sy kontrak drie jaar gelede beëinding na ‘n homofobiese twiet. Tonga het Folau ingesluit in sy span vir Julie se Wêreldbeker-uitspeelwedstryd en die Stille Oseaan-nasiesbeker. Wêreldrugby het verlede jaar die reëls verander om ‘n speler […]
Nama-kultuurfees op Keetmanshoop gevier
Namibiese President Hage Geingob het ‘n beroep gedoen op alle Namibiërs, ongeag hul etnisiteit of stam, om vreedsaam saam te lewe sonder enige vrees van dominering van een etniese groep of stam. Sy toespraak by die Nama-kultuurfees op Keetmanshoop is namens hom voorgelees deur die minister in die presidensie, Christina ||Hoebes. Die derde Nama-kultuurfees is […]
Nog beskuldigdes aangekla in Transnet-korrupsiesaak
Nog beskuldigdes gaan na verwagting aansluit by die voormalige Transnet-amptenare en vennote wanneer hulle weer op 13 Julie in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn. Die gewese uitvoerende hoof van Transnet, Siyabonga Gama, die voormalige waarnemende finansiële hoofbestuurder, Garry Pita, die gewese groep-tesourier, Phetolo Ramosebudi, Eric Wood van Regiments en Trillian se direkteur van Batebestuur, […]
Amerikaanse departement van justisie kondig skikkingsooreenkoms met Glencore aan
Die Amerikaanse departement van justisie het ‘n skikkingsooreenkoms van meer as 15 miljard Namibiese dollar met die Switsers-Britse mynonderneming Glencore aangekondig. Dit volg nadat Glencore skuld beken het op buitelandse omkopery en die manipulering van markte in verskeie lande. ‘n Amerikaanse prokureur, Damian Williams, sê Glencore het langer as ‘n dekade die vrye mark bedrieg […]
Voormalige spanmaats neem afskeid van Andrew Symonds
Krieket: Talle bekendes in Australiese krieketkringe het by familie en vriende in Townsville aangesluit vir die gedenkdiens van hul tuisdorp-speler, Andrew Symonds. Die voormalige internasionale speler het vroeër hierdie maand op die ouderdom van 47 in ‘n motorongeluk gesterf. Hy het sy land vanaf 1998 tot 2009 in al drie formate verteenwoordig. Voormalige spanmaats soos […]
Rolstoele aan gestremdes in Erongo oorhandig
Die Erongo-streek het ‘n tekort aan gesondheidstoerusting, het die streek se goewerneur, Neville Andre Itope, tydens ‘n oorhandigingseremonie van 41 rolstoele aan gestremde Namibiërs gesê. Die internasionale Rani-groep het 25 rolstoele aan inwoners van Swakopmund en ander distrikte in die Erongo-streek geskenk, en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, 16 rolstoele. NIMT Arandis het ook stukkende rolstoele […]
SA regering gaan aandag gee aan grondkwessie
Suid-Afrikaanse adjunk-president David Mabuza sê die grondkwessie bly beslis op die agenda vir die regering se hervormings-program. Mabuza het op die tweedaagse beraad oor Gemeenskaplike Grond-administrasie en -besit in Boksburg gepraat. Hy sê die land het kookpunt bereik oor die kwessie van grondhervorming. Mabuza voeg by die regering gaan sonder huiwering aandag gee aan die […]
Nóg bewyse van Russiese gruweldade in Oekraïne
Die eerste onafhanklike verslag oor beweerde volksmoord in die Oekraïne kom tot die gevolgtrekking dat Rusland volksmoord aanhits wat daarop gemik is om die bevolking van die land uit te wis. Die regsverslag, wat deur meer as 30 regsgeleerdes en deskundiges oor volksmoord onderteken is, beskuldig Rusland daarvan dat hy verskeie artikels van die Verenigde […]