Nama-kultuurfees op Keetmanshoop gevier

Namibiese President Hage Geingob het ‘n beroep gedoen op alle Namibiërs, ongeag hul etnisiteit of stam, om vreedsaam saam te lewe sonder enige vrees van dominering van een etniese groep of stam. Sy toespraak by die Nama-kultuurfees op Keetmanshoop is namens hom voorgelees deur die minister in die presidensie, Christina ||Hoebes. Die derde Nama-kultuurfees is ook bygewoon deur besoekende tradisionele owerhede van Botswana en Suid-Afrika.